Sanksies kom moontlik teen Gaddafi
2011-02-25 14:05
New York – Die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad beplan om Vrydag te vergader om 'n voorlopige voorstel, wat deur Frankryk en Brittanje saamgestel word, te ontvang vir sanksies teen Libiese leiers.
Die voorstel kom ná die dodelike aanvalle op betogers in Libië wat daarop aandring dat hul leier, Muammar Gaddafi, sy amp neerlê.
Die VN se sekretaris-generaal Ban Ki-moon sal die raad eers ‘n oorsig gee oor die nuutste ontwikkelinge in Libië.
Rusland en China, wat dikwels huiwerig is om VN-sanksies teen enige land te ondersteun, het tot dusver geen beswaar gemaak teen die VN se moontlike sanksies teen Libië nie.
Diplomate sê egter hulle verwag dat Moskou en Beijing voorgestelde strawwe ligter sal wil maak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters