SA werkers in Kaboel lê laag

2009-08-20 06:50
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Al die Suid-Afrikaners wat in Kaboel, die bomgeteisterde Afgaanse hoofstad, werk, was teen gister veilig en ongedeerd.

“Dit gaan sleg hier, maar ons byt vas,” het ’n Suid-Afrikaanse veiligheidspesialis, wat nie uitgeken mag word nie, per e-pos aan Beeld gesê.

Die afgelope twee dae is ’n Britse soldaat dood en ses beseer, terwyl twee Afgaanse werkers van die Verenigde Nasies (VN) ook in twee selfmoordbomaanvalle dood is.

“Die aanval (waarin die VN-werkers dood is) was op ‘IED Alley’, soos daardie pad bekendstaan,” het die Suid-Afrikaner gesê.

Geïmproviseerde ploftoestelle (IED’s) wat op paaie geplant word en met afstandbeheer ontplof word, het die laaste paar weke tot die dood van verskeie Britse soldate en plaaslike inwoners gelei.

Die Taliban staan die komende presidentsverkiesing teen omdat dit beskou word as ’n poging om Westerse waardes af te dwing.

“Die ontploffing het naby Kamp Phoenix, een van die koalisiemagte se basisse in Kaboel, gebeur. Dis vermoedelik teen die Britse magte gemik. Daar is egter heelwat VN-voertuie wat dié pad gebruik,” het die Suid-Afrikaner gesê.

Meer as 20 mense is in die aanval beseer.

“Ons lê laag, maar ons is eintlik al gewoond aan die geweld. Al wat ons hoop, is dat dit ná die verkiesing ’n bietjie sal bedaar,” het hy gesê.

Kai Eide, gesant van die VN in Afganistan, het die Taliban in ’n verklaring versoek om die inwoners toe te laat om vreedsaam te stem.

Die Taliban het volgens Sapa-AFP gesê meer as 20 van sy vegters en selfmoordaanvallers is tans in Kaboel met opdragte om bepaalde instellings aan te val en ontwrigting te saai.

Stembusse open vandag om 07:00.

– Beeld

Lees meer oor: bomaanvalle  |  afghanistan

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.