SA vrou verdrink terwyl sy snorkel in Aus
2011-09-28 18:03
Brisbane – Toerleiers
by die Abincourt-rif in Australië het gedink ‘n 40-jarige Suid-Afrikaanse vrou wat gesnorkel het, was nog rustig
besig om na onderwater-tonele te kyk, terwyl sy eintlik bewusteloos was.
Die Australian berig dat toerleiers slegs onraad vermoed het toe sy nie gereageer
het op die teken dat almal in die water moet terugkeer na die boot nie.
Sy is egter bewusteloos uit die water gelig en
het kort daarna gesterf.
Colin McDenzie, hoofbeampte van die
Assosciation of Marine Park Tourism Operators, sê die vrou was met vakansie saam
met haar man en dogter.
Sy was sowat 50 meter van die boot af toe sy
waarskynlik weens ‘n mediese probleem haar bewussyn verloor het.
“Sy het glad nie aangedui dat sy in die
moeilikheid is nie en almal het gedink sy dryf met haar gesig na onder en
bekyk die rif,” het McDenzie gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.