SA vrou in NZ dink trein tref motorhuis

2010-09-07 08:48
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth - Omdat sy van Suid-Afrika kom en nie aardbewings ken nie, het sy eers gedink die onaardse, kreunende geluid is die klank van ’n trein wat ontspoor het.

Want Lydia von Rönge, eens joernalis in Suid-Afrika en nou joernalis by die Ashburton Guardian, woon naby ’n treinspoor in Ashburton.

Dié dorpie is 79 km van Christchurch. Die aardbewing het Nieu-Seeland tussen Ashburton en Christchurch getref. “Halfvyf die oggend hoor ek hierdie geluid wat ek nog nooit in my lewe gehoor het nie. Ek het opgevlieg venster toe, maar dit was nog pikdonker.”

Ag wat, het sy gedink en weer gaan slaap.

Maar later het dit vir haar begin klink asof die dreungeluid van haar motorhuis kom.

“Toe dink ek: O, nee! Die ontspoorde trein is reg in my motorhuis in, waar my nuwe maatskappymotor staan!”

Op pad na die motorhuis het sy besef dis iets anders. “Die hele huis het geruk en geskud en gebewe. Ek is rondgeslinger, soos iemand wat op ’n boot op die woeste see probeer loop.”

Sy het besef dit moet ’n aardbewing en sy na-skokke wees.

“En ek onthou skielik wat die inligtingsbrosjures rondom ramp, aardbewing en nood, wat by ons afgelewer word, voorgestel het: Hou altyd ’n slaapsak, blikkieskos, ’n stel warm klere, flitslig en water in voorraad vir ramptye.

“Ek het net my kort slaapbroek aangehad en dit was koud.”

Genadiglik het die aarde se gerammel tot bedaring gekom én haar huis het bly staan.

“Toe klim ek dadelik in my kar en gaan ry. Terug by die huis het vriende van Christchurch my telefonies in die hande gekry.

“Hulle het my vertel hoe baie mense opgepak het om binneland toe te ry, want daar was nie meer water nie en almal van hulle het tsoenami’s gevrees.”

Sy is nou ook op pad winkel toe, het sy verlig gesels, om daardie aanbevole noodvoorraad te gaan koop. Sy sal onthou om volgende keer, as só iets weer gebeur, in die deurkosyn te gaan staan. 

Lees meer oor: aardbewings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... *s'n* Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PPC Campaign Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Client Service Director

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R35000 - R45000

Technical Officer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R90 - R120

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.