SA mans in ‘haglike toestande’ in Afgaanse tronk

2012-02-07 07:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die tandvleis van twee Suid-Afrikaners in ’n tronk in Afganistan is ontsteek weens wanvoeding, en selfs vir ’n tand-abses kry hulle miskien een parasetamol-pil vir die pyn.

Hulle kry daagliks droë brood vir ontbyt en aartappel en sous vir aandete – dit terwyl Afganistan een van die koudste winters in jare, met temperature van tot -23°C, beleef.

Só beskryf me. Hannelie Groenewald, wat saam met haar man opheffingswerk vir ’n Franse nieregeringsorganisasie in die Afgaanse gemeenskap doen, die mans se omstandighede nadat hulle die twee onlangs besoek het.

Phil Young van Kaapstad dien ses jaar tronkstraf uit omdat hy ’n Afgaanse veiligheidswag uit selfverdediging doodgeskiet het nadat dié op hom gevuur het. Hy moet nog sowat drie jaar uitdien.

Bevan Campbell van Randburg moet nog sowat ses jaar van sy tronkstraf uitdien. Hy is op Kaboel se lughawe met 5kg he­roïen in sy bagasie betrap.

Die twee deel ’n sel in Kaboel se maksimumveiligheidstronk. Hulle word om veiligheidsredes in afsondering aangehou.

“Die tronk het twee maande gelede ’n nuwe bevelvoerder gekry. Sedertdien gaan dit baie slegter.

“Veral Bevan het baie gewig verloor sedert ons twee maande gelede by hulle was. Rys, die Afgaanse stapelvoedsel, is uit hul rantsoene gesny.

“Daar was ’n kiosk in die tronk waar hulle vroeër tamaties, uie, appels, en selfs suiker en snyboontjies kon koop.”

Nou is die kiosk nie meer beskikbaar nie, het sy gesê. Die tronkpersoneel skep vir hulle die beste kos in en die gevangenes kry die oorskiet.

Campbell het vier gebreekte tande. Weens ’n gebrek aan vitamiene, minerale en proteïene gaan hul gesondheid agteruit.

“Die Internasionale Rooi Kruis besoek hulle elke twee maande. Dié se verteenwoordigers sal dalk help om Bevan by ’n tandarts te kry.”

Nie een van die twee mans het regsverteenwoordiging nie. ’n Amerikaanse vroue-advokaat, wat hulle vroeër bygestaan het, kon weens die land se sjaria-wette niks uitrig nie en het die aftog geblaas, het Groenewald vertel.

Al waarop hulle nou hoop, is ’n presidensiële kwytskelding deur pres. Hamid Karzai, wat vroeër vir hulle afslag op hul tronkstraf gegee het. “Hulle doen Bybelstudie, lees boeke wat ons vir hulle neem, doen oefening die uur per dag wat hulle uit die sel gelaat word en skryf briewe.

“Die res van die tyd sit hulle maar en tob en wens die tyd om.”

’n Australiër is om onbekende redes ook in die tronk en heelparty Nigeriërs is in dieselfde blok, het Groenewald gesê.

Vroeër moes “ons elke keer om ’n besoekbrief aansoek doen, maar nou het ons ’n permanente brief, wat hopelik sal help”.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: afganistan

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.