SA man kry 5 jaar tronkstraf in Afganistan

2010-02-03 07:20
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Johannesburg - Vyf jaar in ’n Afgaanse tronk is net so goed soos die doodstraf.

So het die broer van Phil Young, ’n Suid-Afrikaner wat vandeesweek tot vyf jaar tronkstraf in Afganistan gevonnis is, gister gesê.

Volgens Pat Young is die ergste dat hy tot gister nog nie amptelike bevestiging kon kry wat presies die vonnis of uitspraak was nie.

“Ek kry teenstrydige boodskappe. Phil se werkgewer beweer hy is skuldig bevind en tronkstraf opgelê, terwyl ’n kontak van my in Kaboel beweer dit is nie waar nie.

“In hierdie stadium wag ek om ’n skriftelike kopie van die uitspraak te kry voordat ons kan besluit wat om verder te doen,” het Pat Young gesê.

Volgens hom het hy gistermiddag bevestiging van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gekry dat die vonnis wel gevel is.

Luidens dié bevestiging sal sy appèl binne 15 dae voor die Afgaanse appèlhof dien.

Sy broer, wat van Kaapstad kom en drie jong kinders het, is gearresteer nadat hy in September verlede jaar in Lasjkar Gah ’n ondergeskikte Afgaanse veiligheidswag uit noodweer geskiet het nadat dié glo eers op hom geskiet het.

“Die polisiebevelvoerder, wat ook die tolk in die hof was, het ook aan my gesê dit is nie waar dat Phil skuldig bevind is nie.

“Ons familie is tans verlam – ons weet nie hoe om te reageer nie, want ons kan nie kontak maak met enigiemand dáár nie.”

Die aanklaer in die saak het vroeër aangedui dat hy die doodstraf gaan vra.

Phil Young is saam met ’n Afgaanse kollega in hegtenis geneem ná die skietvoorval.

Hy is ’n veiligheidspesialis wat vir die Amerikaanse maatskappy Anham gewerk het as deel van die Amerikaanse regering se teennarkotika-inisiatief.

Luidens die klagstaat meen die staat dat Phil Young nie nodig gehad het om die ondergeskikte dood te skiet nie. Die Afgaan het glo net in die grond vasgeskiet voordat Phil Young hom twee keer in die bors geskiet het.

Die staat meen Phil Young se mate van noodweer was dus nie proporsioneel in ooreenstemming met die optrede van die wag nie.

Volgens Pat Young gaan hy geen steen onaangeraak laat as sy broer wel tronkstraf moet uitdien nie.

“Ek weet nie presies teenoor wie ’n mens kan kla nie. Phil se prokureur het onmiddellik appèl aangeteken teen die vonnis.

“As dít nie gaan werk nie, gaan ek met ’n reuse-petisieveldtog begin. Ek kan my broer nie aan die genade oorlaat nie.”

Phil Young sal die tweede Suid-Afrikaner wees om tronkstraf in Kaboel uit te dien.

Bevan Campbell van Randburg is in 2007 tot 16 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy met 5 kg heroïen op die lughawe van Kaboel betrap is.

Campbell het aangevoer dat hy onder die indruk was dat die houers aanvullings bevat het om spiere te bou.

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.