SA gaan help in Haïti

2010-01-15 09:35
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Pretoria – Die Suid-Afrikaanse regering en noodlenigingswerkers het Donderdag saam met die res van die wêreld hul harte vir die aardbewinggeteisterde inwoners van Haïti oopgemaak.

Twee soek- en reddingspanne van onderskeidelik Rescue South Africa en Gift of the Givers sou Donderdagaand na Haïti vertrek.

Volgens dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers sal ’n tweede span binne die volgende twee dae volg. Ahmed Bam is die leier van die span rampreaksie- en reddingspesialiste en paramedici. Dié span neem R2,5 miljoen se reddingstoerusting saam.

Die regering se hulp aan die land word in drie fases aangepak met die soek- en reddingspanne wat deur Suid-Afrika se nasionale rampbestuursentrum gekoördineer word.

Volgens Saul Molobi, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sal ’n groep Suid-Afrikaanse patoloë vroeg volgende week volg wanneer die meeste van die slagoffers reeds uitgegrawe is.

“Hulle sal dan help met die identifisering van die mense. Die derde fase behels die humanitêre of heropboufase waar groeperings soos Gift of the Givers met noodvoorraad en mediese hulp sal help.”

Volgens Molobi het die regering R1 miljoen beskikbaar gestel om die onderskeie groepe in die noodlenigingspoging by te staan.

Die Franse regering het ingestem om die noodwerkers kwyt te skeld van enige visumvereistes om te verseker dat hulle vinniger in die rampgebied kan kom.

Volgens Colin Deiner van Rescue South Africa is sý span saamgestel uit nooddiens- en rampwerkers wat heeltyds in diens van die Gautengse regering is. Vier snuffelhonde van die polisie sal help soek na oorlewendes. Volgens Deiner sal hulle onder die bevel en beheer van die Verenigde Nasies se rampsentrum in Port-au-Prince werk. Dié besluit watter noodwerkers van watter lande na gelang van hul kwalifikasies in toegewysde gebiede werk om te verseker die mense word reg ingespan.

“Ons is selfonderhoudend en neem toerusting saam soos lugkussings om betonblokke te lig en kameras met mikrofone om in puin te laat sak.”

Enige Suid-Afrikaners wat ’n bydrae tot die noodlenigingspoging wil lewer, kan mnr. George Killian, hoof van die rampbestuursentrum, by 012-334-0667 bel.

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.