S-Korea kry vroue-leier
2012-12-20 10:17
Seoul – Die konserwatiewe kandidaat Park Geun-hye is as die eerste vroue-president van Suid-Korea verkies nadat sy die presidentsverkiesing gewen het.
Park het in haar oorwinningstoespraak gesê haar oorwinning was 'n oorwinning vir die mense van Suid-Korea.
"Ek sal die president van 'n nasie wees wat hul beloftes nakom," het sy gesê.
"Hierdie word beskou as 'n oorwinnig vir mense wat 'n krisis wil oplos en die ekonomie laat herleef."
Park se teenstander, die liberale kandidaat Moon Jae-in van die Democratic United-party, het Park gelukgewens nadat hy sy nederlaag erken het, het die YTN-nuusagentskap berig.
Lees
verder.
Volg
Nuus24 op Twitter.