Russiese seksleier vasgevat
2010-07-09 01:07
Moskou – ‘n Voormalige psigiater en leier van ongeveer 100 mense wat “onbeheersde” seks-orgies gehou het, is in Rusland in hegtenis geneem.
Lede van die sogenaamde Self Improvement Foundation “was deur middel van psigologiese druk aangemoedig om onbeheersde seksuele omgang met mekaar te hê”.
“Partykeer selfs in die geselskap van minderjariges,” het die speurders wat die storie oopgevlek het, in ‘n verklaring gesê.
Die leier van die groep was ‘n psigiater wat vir baie jare by ‘n hospitaal in Orenburg in die suide van Rusland gewerk het.
Hy het as Vyacheslav Vesnin bekendgestaan en ‘n groep van ongeveer 108 mense gelei.
Die speurders het beeldmateriaal gekonfiskeer waarin ‘n vrou ‘n ontkleedans voor ‘n jong man uitvoer.
Daar is ook ‘n video van jong kinders wat obsene versies opsê terwyl die ander mense hande klap en lag.
Die lede was glad nie toegelaat om vleis te eet of alkohol te drink nie en het vir lang tydperke by Vesnin in sy huis gebly.
Die groep het bestaan uit ongeveer 108 lede, waarvan 12 minderjarig was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA