Russiese kleuter oorleef val van sesde vloer
2011-03-30 17:00
Saint Petersburg - ‘n Ondersoek is tans onderweg nadat ‘n Russiese paartjie hulle kleuter by ‘n vullisskag vanaf die sesde vloer van ‘n woonstelgebou gegooi het.
Die tweejarige kind het die val oorleef en bure het hom ontdek waar hy op vullishoop van die gebou in St. Petersburg gelê en huil het.
Die seuntjie het harsingskudding, ‘n gebreekte been en talle ander beserings op gedoen en is gehospitaliseer, het ondersoekers gesê.
“Dit is duidelik dat die kind nie self in die vullisskag kon klim nie,” het ‘n woordvoerder van die Saint Petersburg-ondersoekers gesê.
Die kind was in die sorg van sy 42 jarige ouma, wat dronk in die woonstel gevind is wat sy met haar 34 jarige man deel.
Die aanklag van ‘n poging tot moord op ‘n minderjarige kan tot lewenslange tronkstaf lei.
Volgens UNICEF is daar elke jaar sowat 100 000 kinders wat slagoffers van geweld in Rusland is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP