Russiese baba verdwyn in rioolstelsel
2012-01-09 14:05
Moskou – Reddingswerkers in Rusland is op soek na 'n 18 maande oue baba nadat hy en sy ma Maandag in Bryansk in 'n rioolstelstel geval het.
Die grond het vermoedelik skielik onder hulle meegegee.
Die ma en haar baba, wat in sy stootwaentjie was, het Sondag deur die stad se hoofplein gestap toe die sypaadjie weens 'n gebarste warmwaterpyp oopgekraak het.
Die baba het uit die stootwaentjie geval en verdwyn terwyl die vrou se man, ‘n polisiebeampte, daarin geslaag het om haar met 'n tou uit die gat van 4 m² te red.
Byna 70 reddingswerkers het sonder enige sukses kilometers deur die sentrale rioolstelsel na die baba gesoek. Hulle beplan om later die dag spesiale robotte te gebruik om verder te soek, het die RIA Novosti-nuusagentskap berig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP