“Russiese Obama” kry kompetisie
2009-08-24 15:41
Rusland – ‘n Tweede kandidaat van Afrika herkoms het aangekondig dat hy ‘n kandidaat sal wees vir die hoof van ‘n landelike distrik in die suide van Rusland.
Dit sorg vir ‘n buitengewone kleurvolle kandidaatslys in ‘n land waar rassisme diep gewortel is.
Verkiesingsamptenare het gesê dat Filipp Kondratyev, wie se vader van Ghana afkomstig is, verlede week geregistreer het.
Joaquim Crima het reeds opspraak in die media verwek toe hy homself as kandidaat vir die Srednyaya Akhtuba distrik beskikbaar gestel het. Hy is van Guinea-Bissau afkomstig.
Vyandigheid teenoor anderskleuriges is algemeen in Rusland en volgens kenners is geweld wat spruit uit rassehaat en selfs moord, aan die toeneem.
Crima, wat as die “Russiese Obama” bekend staan, is van mening dat Kondratyev as kandidaat voorgestel is om sý poging te ondermyn.
- Sapa-AP