Rusland heroorweeg missiele
2009-08-19 11:09
Moskou – Pres. Simon Peres van Israel het gesê sy Russiese eweknie het belowe om die aflewering van missiele aan Iran te heroorweeg.
Peres het Woensdag gesê dat die verkoop van die S-300 missiele die delikate balans van mag in die Midde-Ooste sal versteur.
Hy het via ‘n videokonneksie vanaf Sochi langs die Russiese Swart See, waar hy vir pres. Dimitry Medvedev ontmoet het, met verslaggewers gepraat.
Rusland het ‘n kontrak met Iran geteken om die S-300 missiele aan Iran te verskaf, maar het tot dusver nie sover gekom om dit af te lewer nie.
- Sapa-AP