Rusland: Koue weer eis 110
2012-02-08 20:58
Moskou – Buitengewone koue weer in Rusland het reeds die lewe van 110 mense sedert die begin van die jaar geëis, het die ministerie van gesondheid Woensdag gesê.
"Teen vanoggend het 110 volwassenes weens die koue gesterf," het Konstantin Proshin, woordvoerder vir die ministerie, gesê en bygevoeg dat dié inligting nie kinders onder die ouderdom van 18 insluit nie.
'n Abnormale kouefront het die afgelope week sentraal- en oos-Europa getref en het tot talle sterftes in Oekraïne, die Pole en Roemenië gelei.
Altesaam 74 mense moes mediese behandeling ontvang.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP