Rugbyspeler se kind stabiel ná ongeluk
2010-07-05 11:10
Brisbane – Brendan Cannon, die gewese Wallabies-haker, se babaseun toon ‘n bietjie verbetering nadat Cannon hom per ongeluk in die oprit van hul huis raakgery het.
Die vyftien maande oue Samuel is steeds in die intensiewe sorgeenheid, maar is nie meer in ‘n kritieke toestand nie.
“Twee van sy bene is gebreek en hy het ernstige interne beserings opgedoen. Ons weet hy is in die beste moontlike plek om aan te sterk,” het sy familie Maandag in ‘n verklaring gesê.
Volgens dokters is dit ‘n wonderwerk dat Samuel die ongeluk oorleef het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP