Rowers kom weg met miljoene in diamante
2011-08-19 21:05
Los Angeles – ‘n Groep gemaskerde mans het ‘n juwelier-handelaar se
voertuig gestop, hom aangerand en $2 miljoen (sowat R14 miljoen) se diamante gesteel.
Die slagoffer vertel dat hy laat
Donderdagaand by ‘n goed beligte straat in Hollywood afgery het toe twee voertuie sy
pad blokkeer.
Vyf of ses mans het uit die voertuie geklim,
sy karvenster stukkend geslaan, die rugsakke waarin die diamante was gegryp en
weggery.
Hy het hulle probeer agtervolg maar het sig
van hul voertuig in die verkeer verloor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP