Rowers gebruik te veel plofstof, verwoes bank
2010-05-26 05:36
Berlyn – Bankrowers het hul skynbaar misgis met die hoeveelheid plofstof wat hulle sou nodig hê om by ‘n bank in te breek.
Die rowers het egter die hele bank verwoes.
Die voorval het in Maliss, ‘n klein dorpie in Duitsland plaasgevind.
Niemand is tydens die ontploffing beseer nie.
Voertuie wat daar naby geparkeer was, asook naburige geboue is beskadig.
‘n Brandende konstruksievoertuig wat naby die gebou parkeer was, het owerhede die idee gegee dat die rowers die bank se OTM wou oplaai en daarmee wegry.
Die gebou, waarvan net ‘n hoop rommel oor is, het ook ‘n hele aantal ander winkels bevat.
– Sapa
Volg Nuus24 op Twitter