Rower gee slagoffer se beursie, selfoon terug
2012-11-16 07:15
Kansas City – 'n Rower van Kansas wat sy makker gehelp het om 'n man van sy beursie en selfoon te beroof, het die slagoffer as 'n oud-gevangene herken en sy besittings teruggegee, het die polisie gesê.
Die slagoffer van Wichita, Kansas, het aan die polisie gesê twee jong mans het hom Woensdagaand in die straat genader en een van hulle was gewapen met 'n semi-outomatiese handgeweer, het sers. Joe Schroeder, polisiewoordvoerder, gesê.
Die gewapende man het die slagoffer se selfoon en beursie gevat, terwyl die tweede man sy sakke deursoek het, het Schroeder gesê.
"Die tweede man het toe besef dat die slagoffer saam met hom in die tronk was. Hy het om verskoning gevra, sy hand geskud en weggestap."
Hoewel die slagoffer na die polisie gegaan het en gesê het hy ken een van die rowers, het hy gesê hy sal hom nie tydens 'n uitkenningsparade kan identifiseer nie," het Schroeder gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters