Rooikop-pop as spioen ontbloot
2010-06-30 16:44
New York - ‘n Beeldskone rooikop het poniekoerante aan die gons nadat daar berig is dat sy een van die 11 Russiese spioene is wat onlangs deur die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) ontbloot is.
Die 28-jarige besigheidsvrou is saam met 10 ander mense deur die FBI in hegtenis geneem.
Hulle het glo vir Rusland as spioene gewerk en onder valse identiteite die kringe wat die Amerikaanse regering se beleid bepaal, binnegedring.
Foto’s van dié sexy rooikop is Dinsdag op die voorblad van die New York Daily News geplaas met die woorde “Spy ring’s femme fatale,” aangeheg.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.