Romney meen Obama soek witvoetjie by Europa
2012-01-11 19:47
Londen – Europeërs is Woensdag in die voorverkiesing in die wedloop om die Republikeinse Party se presidentskandidatuur ingesleep.
Die kandidaat Mitt Romney het sy oorwinningstoespraak in New Hampshire Woensdag gebruik om Europese welsynstate sleg te sê en om president Barack Obama daarvan te beskuldig dat hy witvoetjie soek by Europa, terwyl hy basiese Amerikaanse waardes ignoreer.
Romney is van mening dat Obama vasbeslote is om ‘n Europese styl welsynstaat in die VSA in te stel.
Hy sê die president soek inspirasie in Europese hoofstede, nie in Amerikaanse dorpe en stede nie.
Romney se toespraak dui daarop dat hy beplan om vir president van die VSA te staan, deels deur Europa teen te staan.
Hy het die eerste twee Republikeinse verkiesings in Iowa en in New Hampshire gewen.
– Volg Nuus24 op Twitter