Romney blaas in Obama se nek
2011-06-08 10:00
Kaapstad – Mitt Romney, voormalige goewerneur van die Amerikaanse staat Massachusetts, het pres. Barack Obama in 'n meningspeiling van geregistreerde kiesers verbygesteek.
Romney het Obama met 49% teenoor 46% getroef. Dié peiling is deur The Washington Post en ABC News gedoen.
Volgens die peiling is daar 'n moontlikheid dat die huidige president dalk kwesbaar kan wees as hy gaan probeer om aanstaande jaar herverkies te word.
Obama het al die potensiële Republikeinse kandidate in die peiling, insluitende Sarah Palin, geklop.
Romney, die voorloper onder 'n hele groep Republikeine, het in 2008 die party se benoeming in die presidentsverkiesing teen John McCain verloor.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter.