Rome: Kolosseum-toestel valse alarm
2011-08-07 22:47
Rome – ‘n Verdagte toestel wat
veroorsaak het dat die Kolosseum Sondag ontruim moes word was ‘n valse alarm,
het Rome se burgemeester gesê.
Die Kolosseum is ‘n uur voordat dit
sou toemaak ontruim.
Dít kom nadat toeriste ‘n verdagte
toestel in die Kolosseum gesien het.
“Dit is ‘n valse alarm,” het Gianni
Alemanno, Rome se burgemeester aan Sky News gesê.
“Dit het gelyk asof dit ‘n bom kon
wees, maar in werklikheid sou dit nie kon ontplof nie.”
Volgens Alemanno sal die Kolosseum
Maandag oop wees.
Die toestel wat binne die Kolosseum
gevind is, was ‘n blikkie wat half gevul was met verfverdunner, met twee
elektriese drade wat daaruit gehang het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP