Roemenië: Swaarste vrou ooit skenk geboorte
2010-02-19 05:31
Boekarest, Roemenië – ‘n Vrou wat 240 kg weeg het met die hulp van ‘n keisersnee geboorte geskenk aan ‘n gesonde baba, het Romeinse dokters gesê.
Volgens die Bucharest University Emergency-hospitaal het die 25-jarige Victoria Lacatus Donderdag aan ‘n dogtertjie geboorte geskenk, wat 2,9 kg geweeg het.
Sy is die swaarste vrou ooit om in Roemenië geboorte te skenk.
Bogdan Popescu, ‘n woordvoerder het gesê die ma word gemonitor vir komplikasies wat dalk na die geboorte mag intree omdat sy oorgewig is.
Lacatus was uit haar dorp na Roemenië vervoer, omdat die plaaslike hospitaal nie beddens gehad het, wat haar gewig kon akkomodeer nie.
- Sapa-AP