Roemeense oud-premier sit weens korrupsie
2012-01-30 21:52
Boekarest – Roemenië se hooggeregshof het Adrian Nastase, voormalige premier van die land, tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
Nastase is Maandag gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy fondse op ‘n onwettige wyse vir ‘n mislukte presidensiële veldtog ingesamel het.
Dit is die eerste keer sedert kommunisme in 1989 in die land geëindig het, dat ‘n voormalige Roemeense premier tronkstraf opgelê word.
Vier ander mense in die saak is tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis mag geappelleer word.
Nastase, wat tussen 2000 en 2004 premier was, hou vol dat hy onskuldig is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP