Robotvliegtuie in Pakistan eis tien militante se lewens
2011-11-16 17:25
Miranshah – Tien militante is dood toe
Amerikaanse robotvliegtuie ‘n Taliban-kamp naby die grens tussen Afganistan en Pakistan
geteiken het.
Vier missiele het die kamp in die Baber
Ghar-area in die suide van Waziristan getref.
Volgens sekuriteitsamptenare in Pakistan is ten
minste tien militante in die aanval dood.
“Ten minste 10 militante is dood. Die meeste van hulle is lede van die plaaslike
Taliban,” het ‘n sekuriteitsamptenaar in Peshawar gesê.
Volgens Amerikaanse amptenare bied Pakistanse stamgebiede,
soos die area langs die grens tussen Afganistan en Pakistan, skuiling aan lede
van die Al-Kaïda-terreurbeweging.
Volg Nuus24 op Twitter.