Rio: Vloede eis 102
2010-04-07 13:44
Rio de Janeiro – Swaar reënneerslae het Woensdagoggend weer die reeds oorstroomde Rio de Janeiro begin teister. Dít slegs enkele ure nadat vloede en grondverskuiwings talle lewens geëis het.
Owerhede vrees dat dié volgende vlaag vloedwaters verdere grondverskuiwings teweeg sal bring.
Die dodetal, wat tans op 102 staan, sal na verwagting ook toeneem.
Die meeste sterftes is weens grondverskuiwing in informele nedersettings aangemeld.
Beton- en houthuise teen steil heuwels het ineengestort.
Rio, wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2014, asook die Olimpiese Spele in 2016 sal aanbied, is tot stilstand geroep nadat die burgemeester, Eduardo Paes, werkers aangeraai het om tuis te bly.
Skole en talle besighede is ook gesluit.
- Sapa-AP