Rio: Drie lyke in puin gevind
2012-01-27 07:00
Fotogalery - Rio: Talle vermis ná gebou ineenstort
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Rio de Janeiro – Drie lyke is in die puin in Rio de Janeiro gevind nadat drie geboue, waarvan een 20 verdiepings hoog was, ineengestort het, het beamptes in Brasilië gesê.
Moises Torres, woordvoerder van die brandweer, het gesê die soektog na 21 vermiste mense, duur voort.
Volgens hom is minstens ses ander mense beseer en ontvang tans behandeling.
Dit is nog nie bekend wat veroorsaak het dat die geboue ineenstort nie.
Maar beamptes het gesê hulle dink dit was 'n struktuurprobleem.
"Drie geboue het ineengestort – 'n gebou van 10 verdiepings hoog, 'n ander een wat 20 verdiepings hoog is en 'n kleiner gebou van drie of vier verdiepings," het Eduardo Paes, burgemeerster van Rio de Janeiro, laat Woensdag aan verslaggewers gesê.
Brandbestryders en ander reddingswerkers het Donderdag met snuffelhonde deur die puin na vermistes gesoek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP