Rio: 200 in modderstortings begrawe
2010-04-08 16:45
Rio de Janeiro – Sowat 200 mense is naby Rio de Janeiro in modderstortings begrawe nadat vloede die streek getref het, het Pedro Machado, die plaaslike brandweerhoof, gesê.
Reddingswerkers is na die toneel in Niteroi ontbied nadat modderstortings daar plaasgevind het.
Owerhede het vroeër gesê sowat 150 mense het al weens die afgelope swaar reënval en vloede in Rio de Janeiro gesterf.
-Sapa-AFP