Reuse-brand woed in Londen
2010-03-11 12:02
Londen - Meer as ’n 100 brandbestryders was Donderdagoggend besig om die verwoestende vlamme by ’n restaurant- en kantoorgebou in Shoreditch in die ooste van Londen te blus nadat ’n brand vroeg die oggend ontstaan het.
Die brand het tot die boonste vlak van die vierverdieping-gebou, geleë in Tabernaclestraat, versprei.
Sowat die helfte van die dak was verslind deur die vlamme, het die Londense brandweerdienste gesê.
Nooddienste is om 04:32 Donderdagoggend na die toneel ontbied, berig Sky News.
Kliek hier vir die volledige berig.