Reuse-aardbewing tref Indonesiese kus

2012-01-11 08:01
Tweets Share Share line Print

Djakarta – Angsbevange mense in Indonesië het oornag die strate ingevaar nadat ’n aardbewing van 7,3-sterkte die weskus van Noord-Soematra geruk het.

Die aardbewing het om 02:37 sowat 420 km suidwes van Banda Aceh op ’n diepte van 29 km plaasgevind.

Die Indonesiese meteorologie- en geofisika-agentskap en die Stille Oseaan-tsoenami-waarskuwingsentrum het albei ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik.

“Die aardbewing was in die see en ’n tsoenami-waarskuwing is uitgereik, maar daar is tot dusver geen berigte van ongevalle of skade nie,” het die tegniese hoof van die agentskap gesê.

Die tsoenami-waarskuwingsentrum het gesê daar is nie ’n moontlikheid van ’n wydverspreide tsoenami nie, maar het bygevoeg: “Daar is ’n baie klein moontlikheid dat ’n plaaslike tsoenami kusgebiede kan raak wat minder as 100km van die episentrum van ’n aardbewing geleë is.”

Die tsoenami-waarskuwing is later teruggetrek.

In Banda Aceh het die aarde vir sowat 30 sekondes geskud en groot getalle angsbe­vange inwoners het uit hul huise en ander geboue gehardloop en die strate ingevaar op soek na veiligheid.

Die meeste van hulle het kort daarna weer na geboue teruggekeer.

Ooggetuies het gesê geen groot skade is in die provinsiale hoofstad aangemeld nie.

In Desember 2004 het ’n ­reuse-aardbewing van 9,1- sterkte langs die kus van die Aceh-provinsie tot ’n tsoenami in die Stille Oseaan gelei.

Altesaam 220 000 mense is destyds in verskeie lande in die Stille Oseaan dood, waarvan driekwart in Indonesië was.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AP

Lees meer oor: aardbewings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.