Reuse Jesus-standbeeld in Pole opgerig
2010-11-07 05:37
Swiebodzin – ‘n Reuse standbeeld van Jesus Christus, wat volgens die ontwerpers die grootste in die wêreld is, is voltooi en in ‘n klein Poolse dorp opgerig.
Honderde inwoners het Saterdag saamgekom om te kyk hoe die gekroonde kop op die res van die standbeeld in Swiebodzin geplaas word.
‘n Afgetrede plaaslike priester, Sylwester Zawadzki, het die standbeeld gemaak.
Baie plaaslike inwoners en besigheidsmense in Zwiebodzin het gesê hulle hoop die standbeeld sal hulle dorp van 22 000 mense meer aanloklik maak vir Rooms Katolieke pelgrims en dat dit geld sal inbring vir hul gemeenskap.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP