Rembrandt-tekening in kerk gevind
2011-08-16 18:56
Los Angeles – Ondersoekbeamptes het die Rembrandt-tekening
ter waarde van $250 000 wat uit ‘n hotel in Los Angeles gesteel is, in ‘n kerk
gevind.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Steve Whitmore,
sê die polisie het op ‘n wenk van ‘n anonieme persoon gereageer.
Die persoon het die polisie gebel en gesê die
17de Eeuse tekening deur Rembrandt van Rijn hang in ‘n kerk in die woonbuurt Encino.
Dis nie bekend wat die kerk waar die gesteelde
tekening gevind is se naam is nie.
‘n Kurator het die egtheid van die tekening
Dinsdag bevestig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP