Reis-verbod op MIV positiewes opgehef
2009-10-30 20:47
Washington - President Barack Obama gaan die reis-verbod op mense wat MIV positief is, ophef.
Die proses is blykbaar reeds tydens die Bush administrasie begin en sal Maandag gefanaliseer word.
Die VSA was een van ‘n handjie vol lande wat MIV positiewe mense ingang tot hul land geweier het.
Die wet is al die afgelope twintig jaar in gebruik.
Tydens ‘n seremonie by die Withuis, het Obama offisieel die proses wat reeds in 1990 deur Bush begin is, bemagtig om voort te gaan.
- Sapa