Regte ou daggakop vas
2009-10-15 21:58
Philadelphia - Polisie in Philadelphia se hulle het ‘n regte daggakop gevang toe 'n man met 'n sakkie dagga teen sy voorkop vasgeplak, in hegtenis geneem is.
'n Polisieman het Cesar Lopez (29) in 'n winkel gesien met die sakkie dagga teen sy voorkop vasgeplak.
Die sakkie was blykbaar onder Lopez se hoed versteek toe dit sonder sy medewete uitgeskuif het en teen sy voorkop gaan sit het.
Die polisieman het na Lopez toe gestap, die sakkie dagga van sy voorkop verwyder en hom in hegtenis geneem. Hy is aangekla met die besit van dwelms.
- Sapa