Regse politikus vrygespreek van haatspraak

2011-06-24 08:13
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Een van die mees bisarre regsake in Nederland se geskiedenis het Donderdag tot ’n einde gekom toe die Amsterdamse regbank die omstrede ekstreemregse politikus Geert Wilders onskuldig aan haat­spraak teen Moslems bevind het.

Wilders se onmiddellike reaksie was dat die uitspraak ’n oorwinning vir die vryheid van spraak is.

Wilders is oorspronklik deur ’n groep Islamitiese Nederlanders van haatspraak aangekla weens sy gereelde opruiende uitlatings teen die aanwesigheid van Moslems in die land.

Die openbare vervolger het egter geen regsgronde gesien om hom aan te kla nie, waarna die groep hom na die Amsterdamse hooggeregshof gewend het – en dié het toe besluit dat Wilders wél aangekla mag word.

In die hofsaak wat hierop gevolg het, het die aanklaer vryspraak gevra, moontlik die eerste keer in die geskiedenis dat so iets gebeur het. Maar Wilders se advokaat het toe gevra dat die drie regters hulle aan die saak onttrek omdat hulle blyke van bevooroordeeldheid sou gegee het.

In ’n spesiale verhoor deur ánder regters het die advokaat sy sin gekry, en die hele saak moes dus weer van voor af begin.

Weer het die aanklaer, uiteraard gesteun deur Wilders se advokaat, vryspraak gevra. Dít is Donderdagoggend toegestaan.

In hul uitspraak het die regters Wilders wel betig dat sy uitsprake “op die grens van die toelaatbare” is. Sy toesprake is gereeld “grof en beledigend”, en ook “kwetsend en skokkend”.

Maar volgens die regters was sy taalgebruik nie “bedreigend” nie, en daarmee het hy nie die grens oorskry nie.

Die groep wat oorspronklik die saak teen Wilders gebring het, het te kenne gegee dat hy hom nou tot die Menseregtekomitee van die Verenigde Nasies gaan wend.

In ’n verklaring het die groep gesê die uitspraak gee Wilders toestemming om te doen wat hy sê, naamlik ’n verbod “om Moslems verder in Nederland toe te laat, die Koran te lees of nog moskees in Nederland te bou”.

Parlementslede van alle partye was tevrede. Die openbare debat hoort in die politieke arena tuis, nie in die regsaal nie, was die algemene strekking van die reaksies.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.