Reeksmoordenaar se familielid pleit oor bylmoord
2011-10-24 10:01
Sydney – ‘n Familielid van die Australiese reeksmoordenaar Ivan Milat het Maandag skuldig gepleit op aanklagte van die bylmoord op ‘n tienerseun.
Die tienerjarige familielid van Ivan Milat, wat ‘n vonnis vir die moord op sewe mense in die 1990’s uitdien, het skuldig gepleit op die aanklagte van moord op die 17-jarige David Auchterlonie.
Auchterlonie se bebloede liggaam is in 2010 in die Belanglo-woud, waar Ivan Milat ook sy slagoffers se lyke gelos het, gevind na hy met ‘n byl opgekap is.
“In 'n stadium het die byl vasgesit en ek moes hom skop om dit los te kry,” het hy aan die hof gesê.
Die hofverslag het aan die lig gebring die tiener, wie se identiteit nie bekendgemaak mag word nie, het sy vriende vooraf van sy moorddadige planne ingelig, maar hulle het hom afgelag.
Die tiener sal in aanhouding bly tot hy op 2 Desember gevonnis word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP