Rebellie teen Cameron verwag oor EU-magte

2011-10-21 07:07
Tweets Share Share line Print

Den Haag – ’n Rebellie dreig teen  David Cameron, Britse premier, in die koukus van sy eie Konserwatiewe Party. Wanneer die laerhuis Maandag die Europese Unie (EU) en die finansiële hulp aan Griekeland debatteer, gaan tientalle Tory-LP’s, soos dit nou lyk, teen hul eie leier stem.

Die opstand word gelei deur Graham Brady, wat Donderdag ’n skoot oor Cameron se boeg in ’n artikel in die Daily Telegraph geskiet het. Hy gaan Maandag vir ’n mosie stem dat die Britte in ’n referendum kans gegee word om hulle oor Brittanje se lidmaatskap van die EU uit te spreek.

Hy het gesê die beginsel van ’n referendum is reeds sedert 1975 aanvaar, maar sedertdien is ’n horde magte van Westminster aan Brussel oorgedra, sonder dat die Britte se mening getoets is.

Sy kollega, David Nutall, wat ingewillig het om die mosie in te dien, het aan die koerant gesê as ’n referendum in die vooruitsig gestel word, kan dit Cameron se hand sterk wanneer hy in Brussel onderhandel.

Cameron het Woensdag gesê hy is teen ’n referendum gekant. So iets kan gehou word indien Westminster sy mag aan Brussel moet afstaan – en bowendien wil die regering die magte terugkry wat reeds oorgedra is.

Volgens verskeie Britse koerante sal ’n Tory-LP ’n amendement indien wat die regering versoek om die kwessie van Brussel se magte in ’n witskrif te ondersoek. Cameron oorweeg dit om partydissipline toe te pas om die rebelle in die bek te ruk, maar sowel Grady as Nuttall het te kenne gegee hulle gaan hulle nie daaraan steur nie.

Alle oë sal daarom Maandag op die Laerhuis gerig wees om te sien hoeveel Tories hul leier se gesag gaan uitdaag.

Die debat verkry ekstra dringendheid in die lig van die geluide wat algemeen op die Europese vasteland opklink dat die finansiële krisis slegs doeltreffend beveg kan word as die EU meer mag kry.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.