Ratko Mladic se aansoek om appèl 'in die pos'
2011-05-30 17:44
Belgrade – Serwië sal heel moontlik die oorlogsmisdadiger
Ratko Mladic binne enkele dae aan die die VN se oorlogsmisdade-tribunaal in
Den Haag uitlewer.
“Die hele prosedure behoort nie meer as vier
dae te neem nie,” het Slobodan Homen, ‘n woordvoerder vir die
Beta-nuusagentskap, gesê.
Mladic se prokureur, Milos Saljic, het
gewaarsku dat Mladic se gesondheid baie sleg is.
Volgens Saljic bestaan die moontlikheid dat
Mladic kan sterf nog voor sy verhoor in die internasionale strafhof vir die
Srebrenica-slagting en die beleg van Sarajevo tydens die Bosniese oorlog van
1992 tot 1995.
‘n Hof in Belgrade het egter beslis dat Mladic
geskik is om verhoor te word.
Hy het tot vandag (Maandag) gehad om teen die
beslissing te appelleer.
Saljic het aangedui dat hul aansoek om appèl in
die pos is.
“Deur hul aansoek te pos, het hulle weer
die hele proses bloot uitgestel,” het Homen gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA