Duitse tiener en pa bly 5 jaar in woude

2011-09-20 07:40
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die Duitse polisie krap kop nadat ’n verwaarloosde seun van sowat 17 jaar in Berlyn opgedaag en vertel het hy en sy pa het die afgelope vyf jaar in die woude suid van die stad gewoon.

Die seun, wat homself Ray noem, het op 5 September by die stadshuis opgedaag. Hy is Engels goed magtig, maar ken net ’n bietjie Duits.

Ray weet nie wat sy van is of waarvandaan hy oorspronklik kom nie.

Hy het aan die polisie vertel sy ma het vyf jaar gelede in ’n motorongeluk gesterf, maar hy weet nie waar nie. Sedertdien het hy en sy pa in die woude oorleef deur te jag en selfs hul eie groente te kweek.

Sy pa het onlangs van ’n krans afgeval en is dood. Ray het sy lyk onder ’n hoop klippe toegepak en toe die pad na Berlyn gevat.

Die polisie het gesê geen rede bestaan om die seun nié te glo nie. Taalkenners ondersoek nou sy Engelse aksent om vas te stel waar in Brittanje hy moontlik vandaan kan kom. Interpol se hulp is ook ingeroep.

Foto’s van Ray is in Britse koerante gepubliseer, maar teen Maandag was daar nog geen duidelikheid oor sy identiteit nie. Hy is blykbaar in goeie gesondheid, maar die Duitse polisie meen hy is getraumatiseer. Hy ontvang dus behandeling van kindersielkundiges.

Van sy karige beskrywing word afgelei dat hy en sy pa in ’n woud op die grens van Beiere en Tsjeggië geleef het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.