Raaisel-ontploffings: minstens 15 dood
2011-07-10 20:14
Asjchabad – Twee weermaglede en 13 burgerlikes is dood in ‘n reeks ontploffings wat die buitewyke van Asjchabad, die hoofstad van Toerkmenistan, verlede week geruk het, het dié land se amptelike nuusagentskap Sondag gesê.
Dié sterftesyfer is Sondag vir die eerste keer deur dié afgesonderde sentraal-Asiatiese land onthul sedert verlede Donderdag se raaiselagtige ontploffings.
Lede van die Toerkmeense opposisie wat in die buiteland woon, het gesê so veel as 200 mense is moontlik in die ontploffings dood.
Toerkmenistan se TDH-nuusagentskap het gesê die oorspronklike ontploffing was by ‘n vuurwerk-stoorfasiliteit. Die ontploffings het toe na ‘n stortingsterrein vir krygsvoorraad versprei.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP