R400 vergoeding ná werkers doodskok
2011-11-02 10:08
Hanoi – Ses werkers het doodgeskok toe hulle die kragtoevoer vir ‘n suikermaatskappy in sentraal-Viëtnam probeer koppel het, het plaaslike media Woensdag berig.
Die werkers van die Nong Cong Sugar Company in die Thanh Hoa-provinsie is Dinsdagmiddag dood, het die Tuoi Tre-koerant berig.
Die maatskappy het die families van die slagoffers oorspronklik 1 miljoen dong (sowat R403) in vergoeding aangebied.
Amptenare ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Ongelukke in die werkplek het tussen 2008 en 2009 met 7% in die land gestyg, het ‘n verslag wat verlede jaar deur die departement van arbeid uitgereik is, getoon.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA