R319 miljoen se tik in huis gevind
2010-12-01 05:31
Norcross, Georgia – Die polisie in die voorstedelike Atlanta het beslag gelê op meer as 400kg metamfetamien (tik) met 'n straatwaarde van sowat $45 miljoen (sowat R319 miljoen)
Dit is een van die grootste tik-vondse in die land.
Die polisie het gesê hulle het Maandag 'n klopjag op 'n huis in Norcross uitgevoer ná 'n wenk dat groot hoeveelhede van die dwelm daar vervaardig word.
Ondersoekbeamptes het op 423kg metamfetamien beslag gelê.
'n 33-jarige man van Texas is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy met dié dwelm handeldryf.
Dit is nie bekend of hy 'n regsverteenwoordiger het nie.
Die polisie is nou op die spoor van nog mense wat betrokke is.
Volgens die polisie blyk dit nie of enigiemand in die huis woon nie, maar dat dit alleenlik vir die vervaardiging van die dwelm gebruik word.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP