Professor in Pakistan doodgeskiet
2011-06-01 20:00
Quetta – ‘n Universiteitsprofessor is tydens ‘n
verbyry-skietery in die suidweste van Pakistan doodgeskiet.
Saba Dashtiari (55) het uit ‘n
universiteitsgebou in Quetta uitgestap gekom toe die gewapende mans op hom
skiet.
Dit was blykbaar deel van sy daaglikse roetine
om elke aand saam met 'n student ‘n entjie te gaan stap, het Ghulam Hussain, ‘n polisiebeampte,
gesê.
“Die gewapende mans was op ‘n motorfiets.
“Hulle het ‘n hele paar rondtes op die
professor afgevuur en weggejaag,” het Hussein gesê.
Die student wat saam met die professor was, is
nie beseer nie.
Dashtiari was ‘n senior professor by die
Urdu-departement van die Baluchistan Universiteit.
Geen groep het tot dusver verantwoordelikheid
vir die aanval aanvaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP