Prins van moord aangekla
2010-02-19 09:30
Londen – ‘n Prins van Saoedi-Arabië is van moord aangekla nadat hy glo ‘n man in ‘n luukse hotel in Londen vermoor het, het die polisie gesê.
Die 33-jarige Saud Bin Abdulaziz Bin Nasir Bin Abdulaziz al Saud word daarvan verdink dat hy Bandar Abdullah Abdulaziz (32), ook van Saoedi-Arabië, Maandag by die Landmark Hotel vermoor het.
‘n Nadoodse ondersoek het getoon dat die man weens kopbeserings en drukking op sy nek gesterf het. Volgens die polisie was die prins vroeër vanjaar van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla, nadat hy dieselfde man al op ‘n vorige geleentheid aangerand het.
- Vir die volledige storie, besoek huffingtonpost.com