Prins Harry veg dalk weer in Afganistan

2011-06-17 07:51
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die moontlikheid is goed dat prins Harry van Brittanje (26) aanstaande jaar weer in Afganistan teen die Taliban gaan veg.

Verskeie Britse koerante het Donderdagoggend berig dat die kursus wat Harry nou volg om as vlieënier te veg met die Apache-aanvalshelikopter, wat die Britse ekwivalent van die Suid-Afrikaanse Rooivalk is, oor sewe maande voltooi sal wees.

Dit beteken dat hy in aanmerking sal kom om, wanneer sy eskader aanstaande jaar in Afga­nistan ontplooi word, saam te gaan.

Hy het vroeër vanjaar sy vlerkies gekry en is nou ’n helikoptervlieënier. Die kursus wat hy doen, is ’n gevorderde gevegskursus.

Dit sal die tweede keer wees dat die jong prins in dié land veg. In 2008 was hy ook daar as voorwaartse lugbeheerder in die regiment Household Cavalry – wat bomwerpers van die grond af beheer – maar toe die nuus van sy aanwesigheid daar uitlek, is hy haastig teruggeroep.

Blykbaar is sy ouma, koningin Elizabeth, en sy pa, prins Charles, nie baie geesdriftig oor die idee dat hy teruggaan nie. Maar Harry het destyds in verskeie onderhoude laat blyk dat hy graag weer in Afganistan wil dien, en sy ouma en pa het te kenne gegee dat hulle nie in sy pad sal staan nie.

’n Woordvoerder van die departement van verdediging het gesê hy kan nie kommentaar lewer op die ontplooiing van individuele soldate nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: afganistan  |  koninklikes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.