Prins Charles na VN-beraad genooi
2009-12-03 10:12
Londen. – Prins Charles van Brittanje sal die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering in Kopenhagen bywoon.
Charles sal in die tweede week van die konferensie ’n toespraak aan omgewingsaktiviste lewer. Sy kantoor by Clarence House het gesê hy is deur die Deense regering genooi om die beraad, wat deur verteenwoordigers van 192 lande bygewoon sal word, toe te spreek.
Prins Charles sal ’n toespraak aan kenners en nie-regeringsorganisasies lewer.
Die Britse minister van klimaatsverandering, Ed Miliband, het gesê Charles het bewys dat hy daartoe verbind is om mense oor klimaatsverandering bewus te maak.
Die beraad begin Maandag.
–Sapa