Prins 15 min. onder sneeu vasgekeer
2012-02-18 07:03
Oostenryk – Die tweede seun van koningin Beatrix van Nederland was Vrydagaand in ’n bedenklike toestand nadat hy in ’n sneeustorting in Oostenryk begrawe is.
Prins Johan Friso (43) was sowat 15 minute onder die sneeu begrawe voordat ’n reddingspan hom uitgegrawe het. Hy is na ’n hospitaal in Innsbruck geneem.
Luidens ’n verklaring deur die Nederlandse regering is die prins se toestand stabiel, maar hy is nie buite gevaar nie.
Hy het luidens ’n koerant ’n skedelbasisfraktuur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters