Priesters in sop oor seks
2010-01-07 05:48
Puebla, Mexiko – Vier Rooms-Katolieke priesters in Mexiko het uit hulle poste bedank nadat hulle glo nie selibaat gebly het nie, het owerhede van die kerk Woensdag gesê.
Dié priesters sal voortaan nie aan die altaardiens mag deelneem nie en ook nie die sakrament uitvoer nie.
Volgens eerw. Eugenio Lira, woordvoerder van die aartsbisdom in die staat van Puebla, was van die priesters in romantiese verhoudings betrokke en het sommiges selfs kinders gehad.
Lira het nie die priesters se identiteite bekendgemaak nie en wou hom nie verder uitspreek oor die dade waarvan hulle beskuldig word nie.
–Sapa, AP