Priester skuldig ná 50 jaar se seksdade
2010-10-23 03:08
Londen - 'n Voormalige Rooms-Katolieke priester wat meer as 'n halfeeu gelede begin het om seuns seksueel te molesteer, is skuldig bevind.
James Robinson (73), bekend as Father Jim, het 'n "groot swakheid" gehad het vir seuns jonger as tien, het die hof in Birmingham gehoor.
Robinson is tot 21 jaar tronkstraf gevonnis op 21 aanklagte van seksuele mishandeling.
Hy het tussen 1959 en 1983 van gemeente na gemeente in West Midlands beweeg en herhaaldelik sowat ses seuns mishandel.
Gemeentelede het hom beskou as 'n "charismatiese, sjarmante" persoon met 'n "oorweldigende persoonlikheid", maar in werklikheid het hy die seuns gelok deur vir hulle geskenke te gee en in sy sportmotor te laat ry.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter