Premier se partytjieman onder huisarres
2009-09-21 19:30
Rome - 'n Sakeman wat betrokke is by die Italiaanse premier, Silvio Berlusconi, se seksskandaal, is as deel van 'n dwelmondersoek onder huisarres geplaas.
Die nuusagentskap ANSA het Maandag gesê dat Gianpaolo Tarantini onder huisarres geplaas is na 'n regter bevind het dat hy nie 'n vlugrisiko is nie.
Tarantini is verlede week in Bari in hegtenis geneem as deel van 'n dwelmhandel-ondersoek.
Hy het aan speurders gesê hy het 30 geselinne betaal om Berlusconi se partytjies by te woon en seksuele gunsies aan te bied.
Tarantini het gesê hy het hulle na die partytjies geneem om te spog en die premier het nooit geweet die vroue is betaal nie.
Staatsaanklaers het gesê Berlusconi word nie by Tarantini se saak betrek nie.
– Sapa-AP